Search found 223 matches for BennyB

BennyB

Die goeie ou dae ( 2 ) - Wed 25 Apr 2012, 12:29 pm

He he... lol!
I like!

BennyB

Indoktrinasie - Tue 24 Apr 2012, 5:12 pm

Wit en swart
lê die lewe se skaakbord
in prentjie-vensters
se broekie-lace drapering

doemprofeet
verkondig einde van dae
in Nostradamus se copycat moves
oor verdrukking
en verswelging

Big Brother
voetspoor onverpoos voort
terwyl ons besluitloos
kibbel en kla -
ruggraatloos
ping pong elke dag se sleur bestaan
in sy selfgemaakte owerspel.

BennyB
©22/04/2012 Barend Booysen

BennyB

My Taal - Tue 24 Apr 2012, 12:33 pm

So se seker elkeen wat Afrikaans lees, skryf, dink of leef. Afrikaans skop gat en ek lief my taal!

cheers

BennyB

Nirvana - Tue 24 Apr 2012, 12:30 pm

Ek staan stil...

Hoofopskrif : The BLACK CAT BONES skop steeds gat - Tue 24 Apr 2012, 12:27 pm

Nice...lekker jol!
bounce

BennyB

Neon Bliss - Tue 24 Apr 2012, 11:13 am



Rooi en blou neon befok
gons ‘n stad vier-en-twintig-sewe
rustelose asems wat snak,
lewe sonder end
waar indringers oopbek verward
na straatname soek;
'n prentjie taal uitgelê in hiëroglief geskrifte

handelaars
(ongesteurd deur osoon-roet se sagte reën)
onderhandel en koggel potensiële klante
in makeshift winkels en stege,
waar kameras kliek
en befokte toeriste ''Ooe'' en ''Ahaa''
vir nog ‘n winskoop
in hierdie ‘copy en fake’ shopping-bliss-paradys;

so loop almal vraend en alom soekend
Westerlinge in ‘n massa-skeef-oog-wonderland
waar hulle alte tuis voel
in westerse brand-name-heaven,
ou Hong Kong se strate
deurdrenk met Britse kolonialisme
Peking Duck en Chop Suey;

rooi taxi’s vleg soos koeksisters
van verkeerslig tot verkeerslig
en vervoer lewe op luxurious plastic covered seats
met HD TV, van A tot B
waar die volgende jaw dropping experience
op besoekende vreemdes wag
in ‘n stad vol neon klater.

BennyB
©21/04/2012 Barend Booysen

BennyB

Somber stil - Tue 24 Apr 2012, 8:42 am

A dark and sad memory of a day that will stay with me for ever. I thank you !

BennyB

die vleg van twee rye spore - Tue 24 Apr 2012, 8:38 am

Dankie vir die lees Claira Wink
Thanks Janet, yes today tomorrow forever cheers

BennyB

Tender feelings - Thu 12 Apr 2012, 1:37 pm

Nice!

BennyB

Somber stil - Thu 12 Apr 2012, 10:51 am


koud rebelleer
vel tot hoendervleis
en ril-af ruggraat
waar ribbes
raaskas speel
in ’n afrikaner wit vel

swart hang
’n swaar mantel
van moeë skouers
se vrae
se hoekom
en maybe's

boggel druk
’n blinksoom manelstert puntig
soos ’n duiwel se vurk
as swart stewels
blink in stof en stank
langs ’n oop graf
se kamma groen
gras drappering
stil…

ou kraai draad sit
koggelend
in kantlyn geskinder
nommer ASB
jy mors tyd
met jou mmm's en ah’s
die sentrale is besig
waar inluister se shame en siestog
voorkeur geniet
bo nood en dood

oogtraan drup
in lewe se onreg
as ’n ma
antwoordloos staar
na ’n gat
’n kis
en ’n kind
nou koud alleen
maar nooit vergete
nee
nee nooit
vergete in ’n somber stilte.

BennyB
© 11/04/2012 Barend Booysen

BennyB

Onwelkome Gas - Wed 11 Apr 2012, 3:09 pm

Jou woorde ruk aan elke mens wat die sal lees. Jy het my weer en weer laat kyk, dink en voel. Ek staan stil by die groot werk van jou. As die jou eerste poging in Afrikaans is kan ek nie wag om meer van jou werk te lees nie! Ek staan nederig en klein vandag by die vers!!!

BennyB

die vleg van twee rye spore - Fri 06 Apr 2012, 9:44 am


het jy gesien my lief,
daar waar woorde tippel
as dag deur 'n rooi oggend breek,
prentjie mooi as die son ’n meermin soen
dansend weerkaatsend in koningsblou

het jy gehoor my lief,
die onstuimigheid van my hart
wat branders breek,
'n pols tot lewe dans,
het jy die antwoord van my hart gehoor
'n sonder twyfel antwoord 'ja' ?

kyk my lief,
hier waar ek kniebuig
voor jou hande en jou voete
waar my oë priem
in jou sagste vrou,
hier waar my hart vanaand
rustig word in jou ewigheid,
voel jy die diepste stil van my ?

sier wit groet ’n stil maan
waar ons nou enkel spore saamvleg
en liefde aandblom
in nou en more se elke asemteug saam.

BennyB
© 04/05/2012 Barend Booysen


for Janet Booysen

BennyB

Mother unknown - Sun 25 Mar 2012, 8:53 pm

Speachless...

BennyB

Alter ego - Fri 23 Mar 2012, 8:29 pm

Baie dankie SJ, word aangespoor deur al die amazing werk wat ek hier van julle almal kan lees What a Face

FreeStyle interview with BennyB and AmmieMoon on Radio Kosmos - Fri 23 Mar 2012, 12:43 pm

OK, wie is volgende....


Back to top

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:06 am