Search found 23 matches for Bobette Smit

Bobette Smit

Spikkelwese - Sat 18 Feb 2012, 10:39 pm

Dankie vir jou lees en kommentaar.
Mmmmmm.....eintlik 'verduidelik' ek nie regtig my skrywe nie, want daar is soveel dieper nuanses en betekenisse vir my persoonlik.
Om terug te kom na jou vraag - en dit ook tog NIE te beantwoord nie....
Ek is oorspronklik van die Wes Kaap, Robertson grootgeword, Stellenbosch geswot - so ja -ek was al op Nooitgedagt buite Stellenbosch. En tog, is dit nie werklik waarna ek verwys nie. Jy sal merk dat nooitgedagt nie met 'n hoofletter geskryf is nie. Dus, is dit vir die leser om self te besluit. Dalk het ek net bedoel dat dit is iets wat ek nooit gedink het sal met my gebeur nie?! SMILE Of dalk is dit dalk 'n ander plaas (of plek) waar ek al was of NIE was nie?!
Mooi bly!

Bobette Smit

Spikkelwese - Sat 18 Feb 2012, 4:28 pm

Anderkant nooitgedagt
waar geloof en genade ontmoet
daar waar hoop nooit beskaam
’n stille wete met verloop van bloed

soos die dag van gister
wat nie meer hier hoort
sypel twyfel deur die krake
en gaan met vrees akkoord

in die landskap van my hart
lê die berge nogsteeds so blou
smekend om vergifnis vir my menslikheid
ek, die spikkelwese, sal bly vertrou

Bobette Smit

Ongelowige - Mon 28 Nov 2011, 5:28 pm

Ammie & Swerwer

Groot waardering vir jul lees en kommentaar!

B

Bobette Smit

Ongelowige - Sun 27 Nov 2011, 5:05 pm

Orals het ek ’n profiel
met fotos en vriende
die vereiste asterisk vrae ook ingevul

ek is nie ’n victim nie
ook nie deel van statistiek
die beterhelfte die is ek nie
net ’n ontnugterde vrou

ek herhaal jou nie meer nie
maar
herhaaldelik
staan ek op my knieë

die wat veronderstel was om lief te hê
was of te lafaard
of het ’n prys
met terme en voorwaardes wat geld

noem my wat jy wil
gooi die eerste klip
want
ek glo nie meer in liefde nie
die teendeel is my bewys

wat maak dit van my
’n ongelowige
of
’n dwaas



(Vir my vriendin, K)

Bobette Smit

Uit plek - Sun 27 Nov 2011, 12:05 am

Neffe die dag se bloos
gooi skemer sy mantel sterre
vervang aanvaarding verlange se regmatige plek
stol bloed op die horizon
weens inwendige bloeding

elke dag is ’n reis na binne met
kruispaaie
afdraai paaie
verbleikte naamborde

weggebere in die newels van die lewe
bring altering naamloos skrapnel
terwyl geswygde redes soek na dialek
kom eklipse lot teen die hortjies van my siel
tog blom die jasmyn en verkwik met die geur van vergifnis

stof af
pak reg
maar alles bly
uit plek

Bobette Smit

I do - Sun 27 Nov 2011, 12:00 am

Rudi - seer, pragtige woorde.
xxx

Bobette Smit

Onverhandelbare Jy - Fri 14 Oct 2011, 9:27 pm

Ammie, jy het 'n manier hoe jou woorde so raak, wat 'n mens se siel balsem....(nou soveel meer as toe ek dit die eerste keer gelees het op woes)

Hierdie is 'n absolute meesterstuk! WOW!

Bobette Smit

Jy sal weet - Fri 14 Oct 2011, 11:47 am

WOW! Bennie - jy is 'n man wat weet hoe om 'n vrou se hart te betower met woorde.....WOW!!!

Bobette Smit

My liefste Lepidoptera - Fri 14 Oct 2011, 11:41 am

My liefste Lepidoptera
my mot
wat bring jou na my
wat trek jou aan
en
wat hou jou hier
negatiewe of positiewe fototaksis

wat sien jy in my
hou jou hart hier
trek jou oog hier
navigate jou
spiral jou in die hoek
van my brandende vlam
my smeltende waan
binne my drimpel
en nie na die maan

want

dis moeilik vir my
om te glo
dat my artificial maanskyn
vir altyd
genoeg sal wees
ek is bevrees
dat my ligglans sjarme
ook jou rede
vir escape
sal wees

Bobette Smit

voorbeskikking - Fri 14 Oct 2011, 11:27 am

Jinne Rudi....jou woede so briljant verwoord.....jou opstand en jy maak dit duidelik dat jy geen meer "laster" gaan aanvaar nie - hetsy in stilte of nie!
Briljant gedoen. Ek is seker jy het beter gevoel nadat jy hierdie geskryf het.....

Bobette Smit

Tradisie - Fri 14 Oct 2011, 11:18 am

Briljante werk, Rudi!
Heilig, ek - alles behalwe. Ek kry egter die jammer wat dit nog wil voordoen om sodoende 'goedkeuring' te verkry van aardse prinse - dit terwyl 'binne' alle hel los is.
Ek het eerder vrede met myself, nederig, 'n sondaar wat slegs deur genade lewe.....

Bobette Smit

Nostredame - Fri 14 Oct 2011, 11:10 am

My vriend, my vriend....die hunkering van die "ander-self" - hoe ken en herken ek dit hier in jou vers......
Pragtig gedoen...

Bobette Smit

Pelgrimstog - Fri 14 Oct 2011, 11:07 am

Hemel vriend - ek hoor.....en kan selfs voel hoe koud die vloer onder jou kaalvoete is wanneer jy opstaan uit die lepel-lê.....
Soms is mens 'vasgevang' soos 'n dier in 'n hok in die lepel-lê, want daar is nog ander siele onder die dak wat jou weerhou van daardie "uitstap."
My hart kwyn saam met jou....

Bobette Smit

Pelgrimstog - Fri 14 Oct 2011, 10:56 am

Shoe - jou woorde ruk my. Innig, eerlik - die swerwer wat homself vind in sy pelgrimstog - al word hy daarvoor verwyt....

Bobette Smit

visions - Fri 14 Oct 2011, 9:58 am

Voorwaar my vriend - jy weet hoe!!!


Back to top

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:06 am