hlo Rudi. Weereens het ek stilte beleef in die skadu van so min woorde met baie betekenis.
Search found 330 matches for Claira Summers
Matriargaat van leiding - Wed 16 May 2012, 9:29 pm
Vertroetel is die leiding
leiding van verraad
nakomertjie van vrede
sonder naafdop of angs gewaad
blote naaktheid van siel omkeer
staar in grysgroen oe
linguistiek is vroetel vars en fyn
die hart markeer die pas
haar loglyn bind ons aan mekaar
mededaders in sonde vas
sy dra haar martelaarskroon met trots
kerf die najaarsdrade los
stemme van vrede roep ons aan
in naklink van gebed
memoreer die leiding sonder end
manumissie vir n pyn student
Blik aspaai speel - Sat 21 Apr 2012, 12:01 am
vorder ons darem
wanneer ons blik aspaai speel
met wawiel arms
heen en weer swaai
rond en bond draai
vergesel my na die land
van kind wees my skat
waar ons dag na dag
huis-huis speel soms lag
wegkruipertjie aan is
in die geraamte kas
saam in ons sorge
die trein verpas
wanneer dit donker word
in die tuin van verraad
sal ek jou saggies inpak
in my boks tas jou saamvat
na die land waar ons droom
waar ons saam is vir altyd
en niemand ons deurboor
met die dolk van die lewe
die vuur van die nood
wanneer ons pop speel
met lewens wat wag vir die dood
die klein lappies vreugde
wat Hy ons net leen
Vader dan vra ons
U daaglikse seën
Ver verlore vir nou - Tue 10 Apr 2012, 5:44 pm
Sal onthou dankie, ek sal later vanaand plaas - derde vrag van huisraad en meubels vanoggend gekom, nadese gaan ek n gedig oor bokse skryf
Ver verlore vir nou - Tue 10 Apr 2012, 5:38 pm
hlo Rudi. Dankie vir die lees, jy sal my nie glo nie maar die oorspronklike het glad nie gerym nie toe het ek nie die selfvertroue vir so vryevers ene nie!! sal hom ook opsit dan kyk ons ..... dankie ek sal. Speel jy ook bietjie laat ons sien wat toor jy op
Ver verlore vir nou - Sun 08 Apr 2012, 9:57 pm
breek lig uit moederskoot
n haan wat kraai
die oggend skoon gewaai
geel-pienk die strale
duisend nuwe tale
verdwaal waai n wolk
teen die skeidingsdraad
van
grou
grys
grond
Van n aarde met skeidings
tot skuiling
teen jou lyndraad
weeg die sand swaarder
loop n glas stadig leeg
is water brak
in jou huis sonder dak
ver blaf n hond
wind waai n tolbos rond
wie is jy vir my
met jou voorbrand
aan die boskant
van jou
harde
holte
hart
Waar my vingers krul
om die beton muur
my blase brand
teen jou koue winters vuur
jy ontneem my
van jou sagte blik
jy weerhou my
van jou ferm druk
jy is vir my
ver
verlore
vir nou
Ons Tuis - Sat 07 Apr 2012, 10:04 pm
hoogstens hier na twintig nuwe jare
gebars le die aarde
en wag vir sy terugkeer
die gevoel en onthou
van verlede en nou
Verstrengel in mekaar
le die vingers van my en jou
hier in ons strate
en onder ons maan
sal ek rustig gaan slaap vanaand
Want n woonplek
en n stukkie grond
swerf vir altyd binne mens rond
ons is tuis by ons huis
waar die herinneringe blink
waar die bo eintlik onder is
en die buitekant stink
Twyfel - Sat 07 Apr 2012, 9:52 pm
Ontkenning van die werklike toedrag van sake is maar die maklike uitweg ne. Goed geskryf Elmi.
1 April - Sat 07 Apr 2012, 9:48 pm
Dit is een van die beste wat ek hier gelees het. Welgedaan Torm.










