dankie vir die prentjie wat jy vir ons skets, nice idee van dit nou
Search found 336 matches for Enid
My Taal - Mon 23 Apr 2012, 2:21 pm
ek kan lag in my taal
ek kan speel in my taal
my holdersterbolder betower in my taal
my liefde bewys in my taal
my tone in die sand kriewel
my oë laat glinster
sonder alfabetiese letters
my beskryf in my taal
want in Afrikaans
wil ek wees
in Afrikaans wil ek styg
na hoogtes wat ek sal bereik
ek vir jou Afrikaans.
EEvdMerwe
Soek jou - Mon 23 Apr 2012, 12:13 pm
soek ek jou in woorde
my gedagtes vasgenaal
skakerings van kleure
van ons twee saam
waar het ek jou verloor
tussen al die grassoorte
verskillende madeliefie -geure
ek het gaan soek
na jou betekenis van liefde
rondomtalie geslinger van uit-basuin
‘ek het jou lief’
Kaapse wind verwaai
om, om te swaai
sal ek ooit verstaan
wat om my aangaan?
ek soek jou in akkoorde
ek soek jou in rede
ek soek jou in my wese
ek soek jou.
EEvdMerwe
Praat met my - Thu 15 Mar 2012, 3:02 pm
wys my jou diep wese
ek stap die strate
in durbanville al huppelend saam met jou
waar jy voor my gewandel het
was ons een eens op tyd
op skool nie van die slimste
verbrokkelende woorde in spel uitgebowl
maar emosie bly ons eens
'n blywende ope spel
skree maar en lag
ek sal my bestaan laat wag
lees maar en dink
ons is simpel marionette
EEvdMerwe/kopiereg/2012
Wynspore - Mon 12 Mar 2012, 6:06 pm
die spore van wyn
lê diep in sy vel
van gister se onthou
al die worries diep gesaai
wanneer sal dit ooit ophou?
diep seer, niemand weet
wat binne in hom aangaan
wanneer sal dit tog end kry
sal hy in akteursgewaad kan aanhou
uithou met pyn en seer
wat binne hom aangaan
diep spore van gister
diep gesaai in lyne op sy gesig
lyne van gister, vandag
en bekommernis van more
Teater in my - Tue 28 Feb 2012, 11:00 am
In die teater
van my kop
speel ek die toneel
van die een in jou bestaan
sonder ophou
dans ek aaneen
in jou drome
is ek die een
vir vanaand is ek
deel van die teater in my kop
EEvdMerwe/kopiereg/2012
Demone in jou - Mon 27 Feb 2012, 2:36 pm
uitstekend beskryf, klink amper as ek dit kan waag om te se asof dit Witney Houston se situasie beskryf?
Spore in my Hart - Mon 27 Feb 2012, 2:23 pm
jy is die aanklaer
ek bly die beskuldigde
skuldig aan liefde
in die eerste graad
versmoor my met die asem
van jou mond
ek is die teiken
jy bly die geweer
ek is die teerpad
jy die verkeer
ek is die sonlig
jy die bewolkte weer
is dit hoe jou liefde is?
EEvdMerwe/kopiereg/2012
Krummelpapier - Fri 24 Feb 2012, 9:07 am
in die voue van my papier
het jou beeld gaan lê
swart op wit duidelik verseël
ons gisters ‘n raaisel
vir my steeds ‘n martel
as sonskyn more vir my opkom
die toekoms vir my knipoog
vrae steeds geen antwoorde het
sal my glimlag sagkuns op jou lippe gaan lê
maar vir my baby
bly jy steeds die een
EEvdMerwe/kopiereg/2012
Liefdesdans - Mon 20 Feb 2012, 10:38 am
ek wil vanaand in jou drome dans
jou vergesêl na ‘n meestermaal
my hande in joune vou
vir jou glimlag met elke kou
aan ons toekoms bou
net daar by jou stilhou
jou hart in myne vou
elke klop verewig hou
sagkuns vir jou smile
saam met jou baby every mile
as die klank van jou stem
my ore deurloop
wil ek die liefde daarin hoor
met ‘n belofte om te bly
waarheen dan anders
sal ek gaan
by jou die hitte en liefde
beskerming en vrede
by jou baby
every mile
EEvdMerwe/kopiereg/2012
Miskien - Mon 06 Feb 2012, 5:26 pm
Miskien het ek nodig
om jou in poetry te lees
saam met jou te stap
op growwe sout strande
diep te delf in jou intense oë
sagte bries fluistering
woorde te spel
miskien het ek nodig
om stil te droom
oor more wat kom
dae saam met jou
speels vas te hou
jou te tou-trek
nader aan my
sodat jy my lief
sal verstaan
ek jou nooit sal
laat gaan
EEvdMerwe/kopiereg/2012










