Search found 90 matches for Louisa van Vliet

Dans in die reendruppeltjies - Thu 12 Apr 2012, 10:25 am

Rondtomtalie, rondomtalie, draai sy al in die rondte,
glinster ogies vrolik en bly, met laggie klokhelder
terwyl armpies uitgestrek na kante,
al in die rondte in die reendruppels draai.

Kaalvoetjies hardloop sy van boom na boom,
met blye blydskap van reentjie wat val.
Dogtertjie klein, maar 3 jaartjies oud,
geniet die reen soos niemand anders kan

Van kleins af lag sy van druppeltjies val op haar wang
geniet elke oomblik van handjies wat druppeltjies vang
sorgvry deur die water min gepla van rokkie nat
met voetjies wat trap, trap in waterplas.

Hoe sonnig koel lyk dit wanneer glimlag
en ogies soekend na iemand wat mag kyk
watertjies wat van haartjies af drup
en ‘n kinderhartjie te bly om in water te speel .

Dans in die reendruppeltjies - Thu 12 Apr 2012, 10:23 am

Rondtomtalie, rondomtalie, draai sy al in die rondte,
glinster ogies vrolik en bly, met laggie klokhelder
terwyl armpies uitgestrek na kante,
al in die rondte in die reendruppels draai.

Kaalvoetjies hardloop sy van boom na boom,
met blye blydskap van reentjie wat val.
Dogtertjie klein, maar 3 jaartjies oud,
geniet die reen soos niemand anders kan

Van kleins af lag sy van druppeltjies val op haar wang
geniet elke oomblik van handjies wat druppeltjies vang
sorgvry deur die water min gepla van rokkie nat
met voetjies wat trap, trap in waterplas.

Hoe sonnig koel lyk dit wanneer glimlag
en ogies soekend na iemand wat mag kyk
watertjies wat van haartjies af drup
en ‘n kinderhartjie te bly om in water te speel .

FreeStyle Top 100 Works - Werke 2011 - Sat 10 Mar 2012, 3:53 pm

Baie geluk aan al die deelnemers. Bly om te sien wie almal ingekom het. Baie dankie vir die geleentheid om deel te wees van die kompetisie. Groetnis Louisa

Louisa van Vliet

Reis van my gees - Sun 05 Feb 2012, 11:58 pm

Die gedig Gerrit vat aan 'n mens se siel. Dit is sowaar wat jy se.

Baie diep.

Like and Love It issues - Wed 25 Jan 2012, 9:36 pm

Ag weet jy, kan ons nie maar net aangaan met die kompetisie sonder al hierdie onaangenaamheid van een persoon wat heeldag en aldag oor klein onnodige goedjies moun nie.
Ek wonder partymaal of Rudy van homself hou, want daar is altyd iets waar oor hy moun.
Sorry maar ons ander gaan voort met die kompetisie. Moenie dat sulke onaangename mense naderhand maak dat freestyle glad nie meer wil bestaan nie. Ons geniet die afrikaans en alles wat daarmee saamgaan. En as daar nou foutjies intree, dit word reg gemaak.

Naggesang - Wed 25 Jan 2012, 9:29 pm

Pragtige gedig hoor.

Louisa van Vliet

Silent movie - Sun 22 Jan 2012, 1:20 pm

Dit is 'n baie mooi gedig Rudy. Iets spesiaal

Louisa van Vliet

Kort mannetjie sindroom - Sun 22 Jan 2012, 1:17 pm

Dankie nig, net iemand wat saam met Quintus gewerk het verlede jaar, en wat hom op elke manier wou uitgehaal het, was bankbestuurdertjie en toe word hy die HR en wil sy stem en alles op iemand afdruk.

Louisa van Vliet

Johannesburg paaie - Sun 22 Jan 2012, 1:13 pm

Nogals ne.

Louisa van Vliet

My oë - Sun 22 Jan 2012, 1:09 pm

het geen probleem met jou nie, dis net mans wat vroue altyd goedkoop laat lyk, maar niks op jou gemik nie, kom maar net van my vorige huwelik af. Gelukkig het ek 'n man nou wat vroue liggame respekteer. Jammer weereens.

Louisa van Vliet

Die Natuur se prag. - Sun 22 Jan 2012, 1:06 pm

Baie dankie Rudy

Louisa van Vliet

Johannesburg paaie - Fri 20 Jan 2012, 9:35 pm

Dis reguit paaie, dis kronkelpaaie, dis skerp draaie.
iewers loop die paaie heen, na waar jy wil wees.
vragmotors, busse, motors en motorfietse
suis by jou verby oppad na bestemming

Gedagtes maal in almal se koppe
terwyl aandag gevestig is op pad
mengelmoes van voertuie
party oppad werk toe, party oppad met vakansie
en so kan jy maar opnoem,
almal oppad iewers heen

En ek vra myself af
hoeveel van die mense in hulle voertuie
begin nog hulle dag met God in hul lewe.
hoeveel ry met moord gedagtes en baklei
hoeveel se dag begin met hartseer
en hoeveel begin met opgewondenheid

Want net God kan jou dag bepaal
al het jy hom beplan, beskik Hy jou dag
waar hy gaan eindig weet niemand vooraf nie

So voertuig bestuurder beplan jou dag
sodat dit altyd voel dit is jou laaste dag
wees toegeeflik, ry versigtig, neem ander in ag
want jy weet nooit wat vorentoe op jou pad wag nie

Louisa van Vliet

My oë - Fri 20 Jan 2012, 9:21 pm

Jammer, was nie so bedoel nie, maar ja is gekant teen mans wat altyd
'n vrou se liggaam bespreek, asof daar geen respek in is nie. Jammer
maar dit was eintlik 'n persoonlike ding wat ek op jou uitgehaal.
sal nie weer nie.

Louisa van Vliet

Kort mannetjie sindroom - Fri 20 Jan 2012, 9:14 pm

Op en af, tree vir tree
loop jy soos ‘n klein kordaat
septer in die hand
want jy is gekant
teen alles waarmee jy verskil

Alles wat goed en reg verloop
kom krap jy om met verraad
groot gemaak is jy om te tart
met die wellus van ‘n nar

Seinde dat jy almal uithaal
met jou kort mannetjie sindroom
gaan ons jou nou verlaat
sodat jy kan stik in jou eie droom

Louisa van Vliet

Veg vir jou. - Fri 20 Jan 2012, 9:02 pm

Dis laat skemeraand tuis, en ek weet nie wat wag
gemaak is jy vir die nag
saggies ritsel die wind
om die hoekies van ‘n huis
want verby is die sonnige dag

En iewers tussen boom en weg
het jy verdoesel geraak in ‘n mag
omdat jy in die hool van gange veg
die pad oop na die vroue vangs

Skerp slaan sy haar kloue in jou
dat jou wesens vergryp raak aan haar.
maar hier binne in my
weet ek sal ek aanhou om jou
te bemin, want eendag dalk
sal jy jou fout erken

Ek sal veg vir jou, want ek weet
jou hart is hier by my.
net sy wat met jou kop smokkel
met al haar slinksheid om mans te vang

Jou fout sal jy gou agterkom
want hier binne in my,
weet ek se jou hart, jy is verkeerd
jy weet jy moet terugkom
om te kom vergeet dat jy haar
eens geleer ken het.

Hier by my sal ek aanhou veg
want ons is vir mekaar bedoel’
dis hier in my arms
waar jy die veiligste gaan voel


Back to top

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:11 am