dankie Ammie
Search found 119 matches for Manie Jackson
Spore in die veld - Mon 27 Feb 2012, 7:59 pm
Soms is die rugwonde nog seer,
Breek haar son skielik deur die wolke.
Streel haar vingers die lewe weer,
Pomp my hart liefdeswoorde, verdraai in donker kolke.
Jou glimlag maak weer gesond,
Tel die laste van my skouers af.
Haal die klippe uit vrugbare grond.
Maak die harde kluite op die voetpad saf.
Met die sente in my sak, straks verloor,
stap ek in veld weer terug op kleintyd se spoor.
Manie Jackson. 24 Feb 2012
Skilder skryf. - Mon 23 Jan 2012, 7:17 am
Ek skryf vir jou ‘n skildery.
’n Prentjie mooi vallei.
Strome en kleure, skuimende kolke.
Berge, blomme, bome en wolke.
Vou my hande om die duif in vlug.
Dagbreek, die kranse – eerste lig.
Beweeg my hande oor papier,
heen en weer, die letters om vir jou te stuur.
Lyntjies papier, weer die doek.
Swart ink heen en soek.
Blommende kleure, veld in ink.
As die prentjie die verbeelding indring.
Verlangend reik my hande uit op papier,
om vir jou ‘n skilder mooi briefie te stuur.
Ek skilder, skryf my hart uit op papier doek.
Vou dit, bere daar waar niemand dit kan soek.
Met die hoop dat iemand eendag weer my hart sal kry.
Hom sal oopmaak, en dan weer sal bevry.
Manie Jackson 20/8/2011
Karlien. - Mon 23 Jan 2012, 7:15 am
As ek my oe toemaak, kan ek jou duidelik sien,
jy my swakheid, my vreugde – Karlien.
Mag jy nooit die vlam op jou wange verloor,
... die vonkel in jou oog wat my hart deurboor.
Jy is nog my hart se klop,
jou verskyning maak my asemhaling vir ‘n oomblik stop.
Jou hare swart soos ‘n maanlose nag,
Jou oe die groen van suiwer Smarag!
Lippe-rooi soos Robyne!
Kyk hoe goed lyk jou vingers tussen myne!
Vul jou stem die leemtes om my heen.
Sag soos die Transvaal se Geel perske reen!
Kan ek anders as om na jou te smag?
Word ek week as jy vir my glimlag.
Hoe kan iemand dit dalk verstaan?
Kan ek jou kwalik ooit weerstaan!
Vars is jy soos die lente, soos die more breek.
My skilde val, laat my skanse in die steek!
Bars my wereld in kleure uit as jy vir my glimlag!
Helder soos die vlinders wat jy in my maag opjaag!
Laataand sal jy vir my sing.
Watter vrou kan met jou meeding?
Heeldag sal ek aan jou dink.
Tot lank na die son agter die berge sink.
En dan in donker ure, my drome soet.
sal ek jou sien, bemin tot die more groet.
Manie Jackson 4/9/2011
Stiltes. - Mon 23 Jan 2012, 7:13 am
Stiltes wat tussen engele soms huiwer.
Stiltes wat gevoelens kan suiwer.
Stiltes word deur sommige benodig.
Stiltes weer vir ander total oorbodig.
Stiltes waar die hart nog wil...
Stiltes waar woorde onnodig, plekke wou vul.
Stiltes skep hier ‘n saam hoort gevoel.
Stiltes wat weet wat die ander se hart bedoel.
Stiltes kan skaduwees verwyder.
Stiltes wat die donker lug weer suiwer.
Stiltes wat die ure vul.
Stiltes wat sinne voltooi en die honger stil.
Stiltes wat soms tussen my en jou.
Stiltes in spasies van weer onthou.
Stiltes in ons woorde en sinne.
Stiltes, die behoefte van diep binne.
Stiltes as die lewe trane skink.
Stiltes as die hart tyd benodig vir verstaan en dink.
Stiltes waar jy jouself kan vind.
Stiltes wat diep in jou siel in drink.
Stiltes waar jy alleen kan sit en betrag.
Stiltes in die donker op die more wag.
Hoe groot het die stilte in jou geword?
hoeveel stilte nodig om jou hart te omgord?
Manie Jackson 20/8/2011
Deel my - Mon 23 Jan 2012, 7:12 am
Le teen my, jou kop op my bors.
Praat deur die ure, die lewe, die dors.
Al die dinge wat jy dra
Die vrae wat aanhou pla
Ek verstaan as jy begin fluister.
Laat my toe om te luister.
Jou stem sal my nooitnie verveel.
Solank jy jou paaie met my deel.
Sal ek graag so daaraan wou dink.
Dat ek die fontein is waaruit jy drink.
Is ek tog maar net n mens
In my nietigheid is dit my wens!
Wil ek graag die einas vir jou toeplak.
Aanhou probeer, tot my soene opraak.
Die donker van die nag
Weg voor jou verjaag!
Is ek die pilaar waarop jy steun
Onvolmaak, skuilling teen die reen.
In die na-nag hoor ek jou asem haal.
Jy vra waar het jy gevaal?
Ag, gesels maar gerus
Tyd sal jou in my arms sus.
Hier sal niemand kom vra.
Kom karring aan dit wat jy dra.
Weet ek ook nie waar alles heen gaan.
Probeer ek jou diepste mens vestaan.
Terwyl jou stukkies stadig heel
Ek’s hier as jy dit wil deel.
Ek het ook nie altyd raad.
As jou hart hom wil uitpraat.
Wil ek graag troos, help dra.
Jou drome, jou vrese, jou vrae!
Kom dan later wysheid na spyt.
Wat sal dit help om te verwyt?
Ontnugter, ‘n eensame uur.
Sal die harde klippe tog skuur?
Weet jy nie wat is jou saak nie.
Nie nodig om verskoning te maak nie.
Le jou voor my bloot.
Ons albei is mos lankal groot!
Sal dit ons tog enige iets baat,
Om te loop met ‘n hart vol haat.
Daar is niks om jou voor te skaam nie.
Buite die mure ken niemand jou verleentheid of naam nie.
Dis goed om by jou te wees.
Saam met iemand die more te lees.
Om die grassie van gister te kou.
Om alles te oordink en te onthou.
Sit ons verdwaas die lewesdinge en bemin
Eendag maak dit alles tog dalk sin!
Manie Jackson
Tyd. - Mon 23 Jan 2012, 7:09 am
Tyd is n relatiewe begrip.
Maande, dae, nog n uur.
Elkeen van ons die kaptein van ons skip.
Tik die ou horlosie teen die muur.
Tyd vlug snel, ewig kwyt.
Waar sal ons mekaar weer kry
En die mens se uurglas sif stadig uit
Wat ons nou het, is goed verby!
Wat en waar sal jy more wees?
Niks ooit weer soos nou,
Die oomblik sal jy nie weer terug kan kry.
Ook nie dit wat die uurglas lees behou!
Hoe sal ons dit kan vehaal,
‘n Stukkie wat in die legkaart pas.
Elke korreltjie sand wat deur sou val,
Kleur die prentjie van dit wat was.
Sou jy ‘n lewe nou aanraak.
‘n oomblik vry, ‘n gedagte saam...
Dalk het jy ‘n verskil gemaak?
Op watter bladsy veskyn jou naam?
Weet jy waar die lewe dan sal draai?
Hoe lyk die wereld anderkant die muur?
Sal jy wat jy plant tog maai.
Hoe lank jou rit op die pad sal duur?
Wat is die tyd in sand afgemeet?
Wanneer slaan jou boek dan toe?
Elke uurglas loop stadig uit, - jy weet!
Eindig almal se hoofstuk... vir goed!
My Kameraad - Sat 22 Oct 2011, 3:15 pm
Die lange pad het my uitgeput.
Die warm son het wydsbeen op my nek kom sit.
Ek smag na jou om by my te kom sit.
In stilte by jou, tot laat in die nag.
Jou vingers se sagte raak, streel weg die pyn en salf die seer. Ek wag.
Maak jy my hartklop vurig warm
terwyl die stof my gemoed en hart omarm.
Ek verlang na jou, na water, na rus.
mag ek my moee kop teen jou boesem rus?
My liggaam, gees teen jou stut,
my arm om jou skouers sit.
Ek kyk in jou oe, ‘n oomblik ( voel jy dit?)
weet jy hoe my binneste ruk?
Jy gee my glyende voet ‘n plek om vas te trap.
Wat jy se en doen maak meer as ander saak.
Jou skoonheid, Jou teenwoordigheid... Jy.
wat sal ek maak?
Jy is die wind onder my vlerke.
Storms, winde, woestuine, - Golwende storm water duine.
Met jou my hart, ken my moed geen perke...
Manie Jackson 22/10/2011
O, Skone Prinses van Feetjieland. - Sat 22 Oct 2011, 3:12 pm
O skone prinses in jou hand...
Ek het eindlik ‘n gunsie kom vra.
Die Krom neus koning van trolleland,
met rokende sigaret en al, ons wonder roos – afgebrand!
Die lewende wortels bedek met ys en koue.
vasgemaak met koper kettings en toue.
weg gevoer na hul mislike Konigin.
Wat dink dat sy, vir enige iemand haar liedjies kan sing!
O skone prinses van feetjieland!
Vir die kabouters is dit ‘n te sware verlies om te dra!
Wat gaan nou van die lente word?
Die voelsang sal vir ewig in ons velde kort.
Hoe sal ons die lammers met groen gras kan bederf,
en ook weer die blomme en bloeisels helder verf?
Sal u ons kan help om die Roos te red?
Dis al vreugde wat die aarde het!
Kan u die Elfies van kamaland,
vra vir ‘n emmer van hulle tower sand?
Ons wil so graag weer gly beurte op die reenboog deel.
ek dink darm nie ons vra te veel?
En as die wonder roos uit sy winterslaap onwaak,
kan ons die bome en veld weer met kleur en klank mooi maak!
O skone prinses, baie dankie, ja, so wrintie waar!
dan gaan ons weer lekker in die son baljaar!
Manie Jackson 22/10/2011
Verlief - Tue 04 Oct 2011, 7:21 pm
Bring ek vir haar enige nuus?
Vra sy wat ek kies,
Vir haar of die lewe?
Sal sy my kan vergewe?
Want sy is my lewe!
Dis haar keuse of sy wil wegstap.
Vir my, die boek dan toeklap.
Sy het aan my kom sit soos ‘n somers tuin,
Soos skemer aande in die Boland – soos laat oes wyn.
Ek wil haar bemin, voel, vashou...
In haar skoonheid verdwaal – tot moredou.
Wil ek vir haar net goedjies koop.
Saam met haar op strande loop.
Vir haar blomme pluk.
Leef van haar liefde, as ek haar teen my druk.
Beweeg alles na die punt.
Ons nader aan – mekaar gevind.
O, fraaie bloeme!
Haar warm liefde soene.
Mooiste vrou,
Net vir jou,
‘n angelier
Om jou hare te versier.
Manie Jackson
Vergete seer. - Tue 04 Oct 2011, 7:19 pm
Die regte ek,
Is diep bedek.
Onder lae van vrae,
Oor lank vergete dae.
Dinge wat niemand weet,
Soveel om te vergeet.
Die aande eensaam buite,
Sonlig weg van die ruite.
As die gevoel my weer pak.
Skemer ruisloos sak.
Staan ek onder sterre nag.
Hoop jy sal kom... ek sal wag.
Tuur ek deur die venster raam,
Hoor ek in die donker, ‘n stem, my naam.
Ver verbeelding, waar het alles begin?
Voltooi lee kamers my elke sin.
Glo ek aan liefde nie meer!
Sinoniem gelyk aan eindlose seer!
As daar dan tog liefde is...
Trane op my kniee as ek jou mis?
Elke woord help my vlug.
Elke vers, bring dit terug!
Waar my gedagtes rus.
Jou stem, laaste kus.
Hoe naief die liefdes wense!
Verkeerd! Vertrou op mense?!
Nooit weer, nooit weer, nooit weer!!!
Dis seer, dis seer, dis seer!
Eendag lank gelede.
Los nie gister in vrede!
Vir ewig en altyd, gelukig saam...
Bestaan werklik... net in ‘n fee verhaal.
Wag ek lank (dis stil) ongeduldig omdat.
Vir jou ligte op die stofpad.
Die vliegtuig wiele al gesak?
Staan jy gereed op die teerblad?
Moet ek jou verwis.
Hartseer, omdat jy ver van my is.
Bang vir wie ek miskien...
Dat ek jou nie weer sal sien.
Ek staan nog by die naambord.
Vrees, wat het ek geword?
Om net een te wees.
Nie noodwendig sleg vir die gees.
Glad nie lekker om alleen te stoei.
Seer tog nodig om sterk te groei.
Manie jackson
Vlug - Tue 04 Oct 2011, 7:16 pm
Dryf my elke dag
Voort sonder n wyle te wag
Draai die son al laag
Teerpad eindloos die jaag.
As die wiele sonder ophou
Oe, wat die donker dophou
Skeur masjiene die ruwe aarde
Elke meter bring jou nader
Sal dit noop my dan langer
Arbeid keer die verlange
Soveel bedoel en gese
Soveel gegee, wat wou jy dan he?
Soek ek rus , n sagte lyf.
Maak gesel die lighaam styf
Is dit dood binne sonder omwind
Ken ek geen dag sonder versind
Sal n gedagte vlug
My gewe nooit – geen rus.
Manie Jackson
J. - Tue 04 Oct 2011, 7:13 pm
Nog nooit kon ek skryf nie
Dit wat ek dink en voel wys nie.
Is jy lank nie meer hier nie.
Wil ek soms die tyd, verlange verduur nie
Bly jy in my gedagtes versteek
Kan ek nie alles in woorde uitspreek.
Sien ek tog die goue draad.
Elke dag die skadu, verraad.
Manie Jackson
Veg Vliegtuig - Tue 04 Oct 2011, 1:35 pm
Whiskey Alfa verlaat die teerblad
Wiele vou onder die vlerke in
Die missie, simfonie het begin.
‘n Vertoning van krag en spoed,
Van presisie en moed.
Beklim hy die lugruim
Haastig, donderend skeur hy die wolke hoog.
Neem besit van die hemelboog.
Vry om te duik en beur
Om te val na die aarde weer
Aan te val op die vyands mag.
Onverwags blits die vuur uit jou buik.
Gekom om te skink uit jou kruik.
Dan vinnig weg te swaai,
Onge-erg van die pyle weg te draai.
Hoogmoedig te gly op die wolke sag.
Soos ‘n bliksem die veld en berg te oorbrug.
Die mens en dier vir sy gedonder laat vlug.
Skiet voort, tol en swaai,
Kom vinnig terug met n wye draai.
Nog oulaas vuur te spoeg.
Hastig die son in, verdwyn
Vreedsaam, alleen hoog bo die aarde ruim.
Ver van vrees, verwoesting en ongeluk.
Statig op die aanloopbaan te gaan sit.
Manie Jackson










