Ooskusklong:
Die maan blink strepe op die see,
strepe wat jou naam uit spel.
Die hunkering na jou
word deur myle geknou,
wag hierdie Sipier geduldig op tyd,
op 'n straler wat hom sal bring
na Luna (wat sy hart bemin).
Maar tyd stap traag
tot die gegewe uur
wat Sipier op die rooistraal sal kom.
Luna wag op hom.
Ammie:
Tyd sleur sy eie gang
en soms moet selfs die maan
'n naglig uithang,
want amber sluier soms deur gaas,
bedek die paadjies waarlangs ons haas
om mekaar te vind,
waar oos en wes windknope bind.
Luna kyk voortdurend
na bewings op die horison,
speurend na die arend
wat jou met vlerke-fladder
na haar sal bring.
Steeds sluier die maan
deur voornag waas
wyl gedagtes oor en weer
in mekaar se ligkring dans;
en tyd
tyd loop sleepvoet deur 'n donker gang
daar waar ligstrepe van ons weersiens
soos sterre aan die hemel hang.
Ooskusklong:
Op die aandwind
sal jy my gebede vind,
waai dit sag en doelgerig
na jou op die westerlike kus,
daar waar Sipierehart by Luna knus.
My hart beteken niks
sonder jou,
Ammie
Ek is lief vir jou !
(kopiereg voorbehou)
Search found 2 matches for Ooskusklong
Gegewe uur - Mon 13 Feb 2012, 8:47 pm
Reis met my mee - Fri 13 Jan 2012, 11:35 pm
My lippe sal graag jou onbekende
dog bekende deinings wil verken,
om jou, soos Marco Polo van ouds,
na die ooste weg te voer.
Oor die swartsee wat snags
in volmaan glinster,
sal hierdie boekaniershart
weer wit word en lewe se robyn
weer deur sy are laat pols
as jy net die tog met hom sal meemaak.
Na waar 'n nuwe lewe wink,
in die ooste
waar tornyne en seeperde op die
horison rinkink.
Ragfyn nette is oorbodig,
hierdie boekanier se hart het jou
so nodig.
Hy sal jou die sleutels na verborge
skatte gee,
maar smekend versoek hy nederig en sag
reis saam na die ooste
waar Luna kan rys en glim in al haar prag,
na 'n boekanier se hart
wat smagtend wag.
(kopiereg voorbehou)










