Search found 360 matches for Rudi Coetzer

Nee, hêng . Ek ken van titels maar vir die het ek nie ñ clue nie . - Fri 18 May 2012, 2:45 pm

Vandag wil ek wegraak
tussen die lyne
van Smog * se woorde

vandag wil ek disintegreer
tussen die klanke
van Smog se lirieke .

Vandag wil ek net hang
aan die lippe
van siel

en my trane stort
oor alles so mooi
oor alles so verniel .

( * Smog : een van my favorite sangers .
{en hy ken van ironie…}
18/05/2012 13h36
http://www.youtube.com/watch?v=n3s4koD9yXU&feature=related )

Rudi Coetzer

Freezeframe ( 44 ) - Fri 18 May 2012, 11:26 am

Die boer bebaard
haal bedaard
sy 308 uit die Hilux-bakkie
en skiet die swart hings
met die gebreekte been
deur die kop -

maar binne-in bloei hy .

Die naweek
vier die volk fees .



( 15/01/2009 15h34 )

Rudi Coetzer

Freezeframe ( 43 ) - Thu 17 May 2012, 2:09 pm

Onder by die rivier
sit die hamerkop
roerloos op ñ klip
en visvang .

Bo by die opstal
speel die kinders
oopmondlag
tussen die koi’s
in die visdam .



( 15/01/2009 15h17 )

Rudi Coetzer

Freezeframe ( 42 ) - Thu 17 May 2012, 8:09 am

hi vreemdeling..jy was weer lank skaars.
welkom terug.
Baie dankie vir jou mooi woorde.
Very Happy
bounce

Rudi Coetzer

Fuckansie - Thu 17 May 2012, 7:57 am

jip..duidelik..... Crying or Very sad

Rudi Coetzer

Freezeframe ( 42 ) - Wed 16 May 2012, 10:57 am

ñ Jakkals lê
gebreek bebloed
in die distrikspad
hygend na laaste asem .

In die boom
meters weg
broei ñ uiltjie
grootoog uit .


( 14/01/2009 23h05 )

Rudi Coetzer

My skoonma se koek - Mon 14 May 2012, 10:44 am

Sien nou die dag
op facebook
ñ skakel wat my lei
na my skoonma se koek
( > die foto is toe erger as wat selfs ek verwag < )

Ek sou vreeslik graag my
skoonma se kinky koek
in detail aan julle wou omskryf ,
maar die grootste woord
om daai ding mee te beskryf
wat so bo-op die koek
loer en lê
is MENEER

en glo my vry
selfs al sou jy
een duim per letter tel ,
is MENEER
steeds drie duim te kort .

GIGGEL .
GIGGEL .
Negeduim-GIGGEL .


( 12/05/2012 16h03 )


Rudi Coetzer

Freezeframe ( 41 ) - Thu 10 May 2012, 8:54 am

Die son loer goud-oog
oor die Soutpansberg
se kruin,
wenkbrou gemaskara
in pienk en pers
in geel en oranjerooi .

Die boer staan
langs sy bakkie
heuphoogte tussen die mielies
koffiefles in die hand .

Vir ñ oomblik
sluit hy sy oë
stil en dankbaar .



( 14/01/2009 22h13 )

Rudi Coetzer

Freezeframe ( 40 ) - Wed 09 May 2012, 11:35 am

Die sonneblomme
Van Gogh in die blompot
op die twaalfsitplek-eetkamertafel ,
keurig gedek
vir die sondagmiddag maal .

Die gaste kom
direk na kerk
nog gekraag en gedas .

Eerste wat die seuns doen
is om uit te trek,
en dan kortbroek kaalvoet
rivier toe te verdwyn .

Die dorp
is nie ñ lekker plek nie .



( 14/01/2009 21h05 )

Die Karretjiemense van die Karoo - Mon 07 May 2012, 11:26 am

Die Karretjiemense
van die Karoo
ken van hoe om ñ Karakoel
kaal te kry

Die Karretjiemense
van die Karoo
ken van swaarkry .

Twee langoor-donkies sleep
die karretjie die karretjie
sleep die windhond

bo-op die karretjie
is daar ñ skaapskeerder en sy vrou
( hy vat die sweep
sy vat die leisels )
en al hulle karige besittings –
waterkan konka
sinkplaat’ sinkbad
velle-plastiek seil
goiensak meelsak
driepootpot jamblikke
ogiesdraad geroeste pale

en ñ lewe vol van swaar
ñ lewe vol van verhale .


( * Gaan lees asb. die artikel
http://www.beeld.com/By/Nuus/Karretjiemense-van-die-Karoo-20120420
21/04/2012 11h58 )




Rudi Coetzer

Fuckansie - Fri 04 May 2012, 9:05 am

Ek is moeg
moeg
moegmoegmoeg
– werkstres geldstres verkeerstres –

ek het dringend
ñ fuckansie nodig .

Ek is moeg
moeg
moegmoegmoeg
– moeg van moeg wees –

ja ek het dringend
ñ fuckansie nodig .

Ek is pê
pootuit
lam
tam
flou
useless
nikswerd
moeg
moegmoegmoeg
sielsmoeg
en lus vir niks .

Fuckansie fuckansie
dringend
ek kort
ñ lang
fuckansie .


( 02/05/2012 23h14 )




Rudi Coetzer

Freezeframe ( 39 ) - Thu 03 May 2012, 8:58 am

Die populiere ritsel vuurhoutjie-regop
in die agtermiddag bries .

Op die plaashuis se stoep
klink-klank die kloklied .

Oupa sit grysbaard
op die riempiesbank
en pruim kolskoot –
sy oë op die populierbos .

Vannag gaan dit reën .



( 13/01/2009 23h45 )

Baby , my bekkie bokkie-blom ( 49 ) - Thu 03 May 2012, 8:56 am

Die populiere ritsel vuurhoutjie-regop
in die agtermiddag bries .

Op die plaashuis se stoep
klink-klank die kloklied .

Oupa sit grysbaard
op die riempiesbank
en pruim kolskoot –
sy oë op die populierbos .

Vannag gaan dit reën .



( 13/01/2009 23h45 )

Baby , my bekkie bokkie-blom ( 49 ) - Thu 03 May 2012, 8:19 am

My baby bekkie bokkie-blom
is lovey-dovey
met my

sy cuddle my closely
en sê sy
is lief vir my .

Baby , my bekkie bokkie-blom
na ñ lewe se soek
na ñ lewe se gewag

na soms se twyfel
na soms se seer
na soms se nag

na soms se lag
na soms se hoop

soms se huil al weer

soms se sleg verloop
soms my siel verkoop

is daar nou
ñ warm lig
in jou oë
wat net vir my skyn .

Baby , my bekkie bokkie-blom
in hierdie hart van my
voel ek kaggel-cosy
en warm en fuzzy
oor jou en my

en as ek
my sin kan kry
gaan dit tot my laaste asem
net so bly .


( 16/04/2012 22h46 )

Rudi Coetzer

Eindbestemming - Wed 02 May 2012, 10:09 am

Ons navigeer
ons liefdes-skip
versigtig om en tussendeur
ysberge watse puntjies
dobber en wip
op golf en dein
wat soms van radar af verdwyn
en soms soos klein jakkalsies
op die skerm verskyn .

Maar daartussen alles deur
hou ek my oë op jou
en hou jy jou oë op my
en hou ons saam
ons oë op die horison .


( 22/04/2012 22h50 )


Back to top

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:12 am