Die geur van vars reën en vars omgeploegde rooigrond met 'n streep 'Massifergusons' ingeryg soos sardiens...dit is wat ek van ploegtyd onthou. Mooi in woorde vasgepen Rudi.
Search found 113 matches for S.J. du Plessis
Freezeframe ( 29 ) - Mon 02 Apr 2012, 11:29 pm
Umlaut se lat - Sun 01 Apr 2012, 5:01 pm
Met verdeelde tekens
loer sy van onderuit die kappie
soos ou Umlaut se lat
in hale op haar 'behind' brand
Verbode Engels-vrug het sy geëet
sonder om die verskil te wis
tussen wat prinsipale en -piële
nou weliswaar eintlik is
Genieë valkoë het die daad betrap
en beklemtonend verraad geblêr
g'n boekreël is nog ooit só verdraai
soos in dié tyd waar 'streetwise' koning kraai
Só word die hoer van hoërskool
se waardigheid toe té vêr verlê
vir háár om nog onskuldig iets oor te sê
en voel sy net die kap van die lat (op bleek-blanko blad)
en dink:
Dit is miskien 'n bedekte seën
daar's nog geoïdes waar genade reën
waar selfs skaapkoppen met genoeë kan wei
en in vrede 'n ge-cliché-de blêr kan blêr.
S.J. du Plessis © Maart 2012
Bloubergstrand II - Fri 23 Mar 2012, 10:06 pm
Pragtige skilder prentjie...Ai Bloubergstrand, hoe proe ek sommer nou weer die sout in die wulpse wind en voel daai stukkende tierskulpe onder my voete...die rotse, die koue sproei, Melkbosstrand se fyn los sand, die bosse en die eiland in die verte.(Vir 3 maande met die jeug daar gewerk vir my praktiese sy van my diploma.-Ons het weer strandgebraaide 'sand'snoek geproe.)Daar is darem net iets omtrent daai plek wat woorde soms net ontbreek. Wat anders kan ek sê?...niks nie...dink daar lê genoeg woorde, trane, drome, beloftes en wense soos die sand en skulpe uitgestrooi...
Freezeframe ( 24 ) - Tue 20 Mar 2012, 11:56 pm
Jy stel dit baie goed. Het dit al so baie gesien gebeur. Geneem-gegee-gemors-gelos-gegaan..
Huisie alleen - Tue 20 Mar 2012, 11:46 pm
Pragtige warm heimwee herhinneringe...laat my aan my oumagrootjie se huis dink. Net 'n voorstel: ek sou die laaste reël net sê "nou onherbergsaam, onooglik, eensame plek" ter wille van ritme...al die e's op die einde dalk bietjie baie, maar dit is net my persoonlike opinie.
Freezeframe ( 25 ) - Tue 20 Mar 2012, 11:34 pm
Baie boere kan met daai gevoel van moedeloosheid vereenselwig. ...Die treklorrie stof droewig...Die son sak bloeddorstig-rooi en sluk die lorrie gulsig in...baie mooi beeld. Beslis 'n "Freezeframe" oomblik.
Alter ego - Tue 20 Mar 2012, 11:29 pm
...gestryk teen doringdraad, geroes-gelos-verlos...Jy skilder so mooi met woorde.
Rivier - Tue 20 Mar 2012, 11:22 pm
Soos jy dit so mooi kan stel...laat daai woorde maar vloei, ons lees dit graag.
FreeStyle Top 100 Works - Werke 2011 - Thu 15 Mar 2012, 10:26 pm
Baie Dankie aan elkeen wat hierdie projek suksesvol maak en baie dankie vir die wonderlike geleentheid! Sjoe, Ek voel bevoorreg om deel te kan wees van so 'n groep inspirerende en talentvolle skrywers. Dank aan my Skepper.
Mag hierdie bundel ook die begin van groot dinge wees en lekkerlees-vreugde vir elk verskaf. Kan nie wag nie...
Groete.
Susan (S.J.)
xxx
In die lig van die skrywer - Sat 03 Mar 2012, 6:36 pm
Jinne Claire...baie dankie jong. Jy maak my dag! Jip, elke (eerlike en regverdige) stem help. Ek waardeer.










