Search found 10 matches for didiblue

didiblue

Skerwe - Fri 10 Feb 2012, 9:22 pm

Die skerwe van my hart
lewe
siel
en wese
lê die wêreld vol
gestrooi

maak bymekaar
tel op
hou vas

sien jou gesig
hoor jou stem
my arms verloor mag

alles val grond toe
skop dit weer deur mekaar
vertrap nog stukke
jy draai weg

ek gaan sit moedeloos
magteloos
tussen die stukkies
trane laat 'n paar smelt

maak bymekaar
weer
tel op
weer
druk dit teen my bors
enigiets om vas te hou
in hierdie donker seer

draai my rug
op stukkies
te fyn om op te tel
en loop weer in jou vas

alles val...


(vervolg)
Tel my stukkies op,
lê dit uit op 'n sagte mat
pas hulle in mekaar
tot kunswerk wat dit was

iewers erken ek myself weer

bou 'n muur,
'n muur om jou te keer



In mekaar - Sun 15 Jan 2012, 6:51 pm

Bo-oor
tussendeur
onderuit
is jy binne
my geweef
kort-
lank- en
kruissteek
tot ‘n vreemd
bekende
prag kleed
wat jy
om my hang
in koel oggend dou
wanneer ons saam
een lewe bou



Kaartjie kantoor - Tue 03 Jan 2012, 2:37 pm

Nog 'n kantoor
'n kaartjie na êrens
'n kaartjie na nêrens

vat my weg
van hier
vir jou plesier

ek is lankal leeg
gehardloop
agter hierdie vuurdoop

vat my weg
van hier
vir jou plesier

waar sal die kaartjie
gaan vandag
of is dit nog 'n dag van wag

vat my weg
van hier
vir jou plesier

iewers gaan
iewers kom
my kop bly dom

dalk is my bestemming
tog hier
vir my eie plesier

- didiblue 2011/12/24

>> Fotograaf: S.J. du Plessis

bitter blink rooi soet - Tue 03 Jan 2012, 10:21 am

Dankie Torm

Herontmoeting - Sun 18 Dec 2011, 9:27 am

Waardeer dit opreg

bitter blink rooi soet - Thu 15 Dec 2011, 11:08 am

Thank Rudi sal bietjie oplet na die telegram

With a lock across thy face... - Thu 15 Dec 2011, 9:24 am

Snap ek nou jou comment op "Herontmoeting"... Helemal 'n ander uitgang punt ja. Ek hou van "Thou art the glory calm of the still waters’ palm!"

Herontmoeting - Thu 15 Dec 2011, 9:18 am

Dis mos wat ons uniek maak. Ek neem aan jy hou darem daarvan?

Herontmoeting - Wed 14 Dec 2011, 3:40 pm

Opgedollie
mooi gemaak
blou rok
so reg na jou smaak

ons eerste-soen-bankie
hierdie tyd en dag
ek't beloof
om vir jou te wag

mallemeule
hart wat bons
is dit jou stem
wat in my ore gons

stomme water
bedel vraag
gaan jy kom
my hoop vervaag

opgee sug
skoene vol moed
kyk ek op
in jou oë se glimlag groet

- didiblue 2011/12/14

>> Fotograaf: Chantell Visser

bitter blink rooi soet - Tue 13 Dec 2011, 6:26 pm

blink rooi soet
gly oor my lippe
dit voed
hierdie dorre gemoed

feesseisoen hoogty
klink ’n glasie
vieringe gedy
oralom behalwe in my

blink rooi soet
word bitter
gister se goed
ou droeë bloed

- didiblue 2011/12/13

>> Fotograaf: Melanie van As


Back to top

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:18 am