• Post new topic

Nuwe kontinente

Share

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Nuwe kontinente

Post by Rudi Coetzer on Tue 20 Dec 2011, 7:17 am

Daar waar jou lieste
na binne val
jy so bekend plooi
en soms honger blom vir my

daar waar jy my laat mal
verdwaal tussen die deurmekaar
komberse en lakens van ons kooi

daar waar ek en jy
in oomblikke wat die heelal
maar kan vergaan soos lawa inmekaar
invloei en dis okay want ons vorm
nuwe kontinente en laat tyd stilstaan .

Daar waar ons liggame dein
en gloei , ons soos super nova’s
in mekaar se hemelruim ontplof
en skouspelagtig in ñ sterrereën
sintuiglik in die oomblik tussen ons
in mekaar se oë verskiet .

Dit is daar waar
ek tot in die einde van dae
aarde saam met jou wil wees .


( 31/08/2011 03h02 )


Last edited by Rudi Coetzer on Thu 26 Jan 2012, 3:19 pm; edited 2 times in total

Camsica

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 63
Points | Punte: 109
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-12
Age | Ouderdom: 30

Re: Nuwe kontinente

Post by Camsica on Wed 11 Jan 2012, 10:09 pm

****sug****
So, so mooi!

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Re: Nuwe kontinente

Post by Rudi Coetzer on Thu 12 Jan 2012, 7:12 am

ag baie dankie Baby....dink my nuwe slot is sommer nommerpas.
Psst: die enetjie doen dit vir my ook......
hoop maar meer as net twee mense kom lees dit.....en like dit....sal hom bitter graag in die bundel wil he.....
bounce

Claira Summers

Location | Ligging: Naboomspruit
Posts | Bydraes: 330
Points | Punte: 454
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-25
Age | Ouderdom: 37

Re: Nuwe kontinente

Post by Claira Summers on Wed 25 Jan 2012, 9:02 am

Ai tog!! LOL ja kyk ek verstaan ook nie hoe die ding nou werk nie, ek het Like of Unlike gesit nou sien ek dit is like en love it ??? watter een tel en watter nie ?? Confusing actually. Maar ek LIKE nog al jou goed hoor, moet nie ophou nie asb. The wisher le hier langs my en stem saam!!!

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Re: Nuwe kontinente

Post by Rudi Coetzer on Wed 25 Jan 2012, 10:03 am

dankie Claira...
lyk my reels is gemaak om links en regs gebreek te word..en sommer verander te word ook.
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:33 am