• Post new topic

Tussen treine (2)

Share

Camsica

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 63
Points | Punte: 109
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-12
Age | Ouderdom: 30

Tussen treine (2)

Post by Camsica on Tue 10 Jan 2012, 10:24 pm

Dit is moordend
hier op die perron
by die stasie-
jy lyk bedremmeld
verlore tussen jou bagasie

die trein fluit
terwyl my kamera se kliek
jou sku-skaam glimlag vasfoto

~~~~

Die afgelope week
het te vinnig verby gevlieg

daar was te veel dingetjies
om te doen
(moes vir jou skryfbehoeftes gaan koop)
te veel plekke om heen te gaan
(klerewinkels is besig
en die winter kom aan)
te veel mense om te sien
(almal in die buurt
wou die verlore seun terug verwelkom)

alles was net te.

~~~~

Die girls se monde
hang omtrent op die grond
toe ons instap by Angels’ Wings

jy wat talm in die deur
terwyl goue sonstrale
deur jou gebleikte hare verskiet

vir ’n oomblik
sien ek ‘n engel-
my engel van hoop.

Dit is hemel in jou
gespierde arms
jou bors is groter
as wat ek kan onthou-
jy is nie meer seun nie
maar het man geword.

Selfs jou reuk het verander.

Ek lief om jou te ruik
jou dampe naskeer
vervang met ’n soet-bossie-geur
se newels wat my neus kielie.

Jou een hand rus
laag teen my rug
jy tiekie-draai my uit jou arms
dan weer terug

dan hou jy my weer
intiem teen jou vas
my voete sweef-
my engel jy gee my vlerke

Alphaville se song “Forever Young”
was nog nooit vir my
so mooi gewees nie.

Jou lippe proe vreemd-bekend
ek volg die barsies liggies met my tong
die son-verfraaide buitelug
het jou gelaat geleer
jou wangbeen-lyne gebeitel-
jou glimlag breër
jou tande witter.

~~~~

Laatnag lê ons
onder ‘n sterre-kombers
op ’n dennenaald-bed

ons tel die maan se gate
sien die lig in mekaar se oë weerkaats

ons volg blindelings
die Melkweg
verdwaal
tussen kurwes van planete.

Toe die maan se strale
deur ‘n blare-dak
gieter
is alles vir een magical oomblik
tot stilstand geruk…

Ons asems jaag
ons hande strengel
ons lippe sluit
lywe inmekaar geanker

vir een heilige oomblik
plak sweet
ons lyfteenlyf
sielteensiel
hartteenhart

‘n universiële oomblik
waar ons een is

‘n universele oomblik
wat soutpilaar in my hart.

~~~

Die laaste trein-fluit
verdoof ons intieme afskeid

in die klik-klak van die spore
raak my afskeids-woorde verlore.

Dit is moordend
op die perron by die stasie

jy vensterraam-waai
terwyl my kamera se kliek
jou sku-skaam glimlag
vir oulaas vasfoto.

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Re: Tussen treine (2)

Post by Rudi Coetzer on Tue 10 Jan 2012, 10:47 pm

hierdie kunswerk van jou kan mens oor en oor lees...en verdwaal tussen die lyne..die treine...en die prentjie wat jy so kreatief met insig hier skets..n Besonderse werk....sien uit na Tussen treine ( 3 )

Camsica

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 63
Points | Punte: 109
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-12
Age | Ouderdom: 30

Re: Tussen treine (2)

Post by Camsica on Tue 10 Jan 2012, 10:56 pm

Dankie skat...

Louisa van Vliet

Location | Ligging: Elsburg
Posts | Bydraes: 90
Points | Punte: 150
Join date | Datum aangesluit: 2011-11-04
Age | Ouderdom: 52

Re: Tussen treine (2)

Post by Louisa van Vliet on Thu 12 Jan 2012, 12:25 am

'n baie besonderse gedig, dit laat my ver heen terug dink. Pragtige stukkie werk hoor.

Camsica

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 63
Points | Punte: 109
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-12
Age | Ouderdom: 30

Re: Tussen treine (2)

Post by Camsica on Tue 24 Jan 2012, 10:10 pm

Baie dankie Louisa!!
  • Post new topic

Similar topics

-

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:34 am