• Post new topic

Skilder skryf.

Share

Manie Jackson

Location | Ligging: Wonderboom Pretoria
Posts | Bydraes: 119
Points | Punte: 319
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-04
Age | Ouderdom: 34

Skilder skryf.

Post by Manie Jackson on Mon 23 Jan 2012, 7:17 am

Ek skryf vir jou ‘n skildery.
’n Prentjie mooi vallei.
Strome en kleure, skuimende kolke.
Berge, blomme, bome en wolke.
Vou my hande om die duif in vlug.
Dagbreek, die kranse – eerste lig.

Beweeg my hande oor papier,
heen en weer, die letters om vir jou te stuur.
Lyntjies papier, weer die doek.
Swart ink heen en soek.
Blommende kleure, veld in ink.
As die prentjie die verbeelding indring.

Verlangend reik my hande uit op papier,
om vir jou ‘n skilder mooi briefie te stuur.
Ek skilder, skryf my hart uit op papier doek.
Vou dit, bere daar waar niemand dit kan soek.
Met die hoop dat iemand eendag weer my hart sal kry.
Hom sal oopmaak, en dan weer sal bevry.


Manie Jackson 20/8/2011

Torm

Location | Ligging: Donker Afrika
Posts | Bydraes: 249
Points | Punte: 440
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-16
Age | Ouderdom: 55

Re: Skilder skryf.

Post by Torm on Mon 23 Jan 2012, 7:29 pm

Dis mooi.
Manie, kyk weer na die instruksies. Om stemme te kry as jy in die top100 wil wees, moet jy 'n "poll" aktiveer op 'n sekere manier. Ek wil hiervoor stem maar ek kan nie sonder daardie aktivering nie.

Manie Jackson

Location | Ligging: Wonderboom Pretoria
Posts | Bydraes: 119
Points | Punte: 319
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-04
Age | Ouderdom: 34

Re: Skilder skryf.

Post by Manie Jackson on Tue 24 Jan 2012, 9:23 am

lyk my dit is nou geaktifeer.? Dankie!

S.J. du Plessis

Posts | Bydraes: 113
Points | Punte: 147
Join date | Datum aangesluit: 2011-10-07
Age | Ouderdom: 39

Re: Skilder skryf.

Post by S.J. du Plessis on Wed 01 Feb 2012, 11:00 pm

Werklik baie mooi. Jy skilder met die woorde!
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:38 am