• Post new topic

PIET MY VROU

Share

Carol Lourens

Location | Ligging: Vaaldriehoek
Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2012-01-24
Age | Ouderdom: 54

PIET MY VROU

Post by Carol Lourens on Tue 24 Jan 2012, 9:34 pm

Op blaarloos takkies stort jou
wintershartjie weemoed in die
snerp van winterskou'

Verlate in die hol klank van jou
roep
Piet my vrou
my vrou! my vrou!
Verraai; weerklank jou roep
teen winterwit

In plafon-oe Heer gesprek
breuk jou ongeduld
as jy intjip
Jou roepstem- serpie
seer hier om my keel

Die winter het gekom
Die winter het gebly

Carol Peyper Lourens
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:41 am