• Post new topic

Toontjie in die sand

Share

Carol Lourens

Location | Ligging: Vaaldriehoek
Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2012-01-24
Age | Ouderdom: 54

Toontjie in die sand

Post by Carol Lourens on Tue 24 Jan 2012, 9:46 pm

Ek trek vir jou 'n hartjie met my toontjie in die sand

In koel see-briesies met splinter spat soutwater op my wang

Kreukel lekker in verlusting as skuim-branders hom kom gryp;

sleep rol trek tot by die kalm van 'n skatkis

Waar meermin skalks om seewier loer en soentjies blaas

terwyl 'n horde see diertjies knipoog vir mekaar

en Dolfyntjies laggend bokspring in hul dans

Ek trek dan weer 'n hartjie met my toontjie in die sand

Dan spoeg jou dank offer; 'n massa skulpies op die rand

Carol Peyper Lourens
21/12/2011
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:41 am