• Post new topic

'n Hartelose Siembamba

Share

Carol Lourens

Location | Ligging: Vaaldriehoek
Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2012-01-24
Age | Ouderdom: 54

'n Hartelose Siembamba

Post by Carol Lourens on Tue 24 Jan 2012, 9:49 pm

By volmaan in 'n sloot in Afrika
waar wolwe ritteltities dans;
smyt jy Mamma's weerloos kindjie
teen 'n roubeklede donker uur
as oorskiet aan jou Skepper


Voel jy nie sy lyfie nog in rama teer
bekkie gapend as hy smeek vir 'n kans
Hy wou so graag die mooiste naampie dra

Met jou moord'ry mislik' hart
draai jy sy ou nekkie om
doof jou Pepskoen- hakke
'n laaste fontanel liggie uit
ewenas die Jesus Kruis spykers

Waar wildehonde om jou asblik gaarder
in weersin-walg van "cheap" parfuum
draai jy om; dan is hy dood

Maar jyt nooit omgedraai
toe duisend kinderlose arms
jou kruis van hom wegvat;
wiegend in ag-shamepies sus

Jyt nooit weer opgekyk na bo
toe hy sy kuiltjie-giggel-laggie oor die maan uitkraai

~Carol Peyper Lourens
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:42 am