• Post new topic

Verlange se vlerke

Share

Morney C van Staden

Posts | Bydraes: 12
Points | Punte: 32
Join date | Datum aangesluit: 2012-01-25
Age | Ouderdom: 42

Verlange se vlerke

Post by Morney C van Staden on Wed 25 Jan 2012, 7:17 pm

ek staar verlate na die donker nag
wat saggies in sy mou vir my lag.

ek roep jou stem verby die lane
van my verlore trane
wat vloei uit my hart se gange

kan jy my verlange voel

die wind se treur gesange
huil deur die stilte van die nag

ek skryf jou naam op die maan se muur
soos hy na my gluur

stil lê hy en wag
tot jy weer lig gee aan my dag

sal jy ooit weet hoe skreeu my liefdes kreed

deur die verte soos dit sweef
na jou sonder perke op my verlange se vlerke.


  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:45 am