• Post new topic

Voetspoortjies

Share

Morney C van Staden

Posts | Bydraes: 12
Points | Punte: 32
Join date | Datum aangesluit: 2012-01-25
Age | Ouderdom: 42

Voetspoortjies

Post by Morney C van Staden on Wed 25 Jan 2012, 8:02 pm

Soetjies ....
stap jy oor my hart
Voetspoortjies....
van gister verby
Treetjies....
ek en jy
soos ons teen verlange stry.

Trane....
wat loop lê
tussen
elke woord wat ons sê.
So baie meer
wat ons wil gee
die liefde gedeel
tussen twee.

Soetjies....
stap jy oor my hart
Voetspoortjies....
van trane....
oor wange gegly

Treetjies....
Ek en jy
van trane verby....
Die koue wind
wat deur ons dae sny
soos ons probeer
om nie terug te kyk.

Soetjies....
stap jy oor my hart
Voetspoortjies....
van liefde vir my.

Treetjies....
ek en jy
met liefde
Inmekaar gekry.

Voetspoortjies....
van liefde
Voetspoortjies....
se verlange stryd
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:45 am