• Post new topic

woordmoord

Share

Ellen Margaret Hancke

Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2011-12-21
Age | Ouderdom: 58

woordmoord

Post by Ellen Margaret Hancke on Sat 28 Jan 2012, 6:56 pm

so hang hulle daar

die uitgedroogde wesens

aan doringdrade van die lewe

gebiltong deur ons,

die jan fiskale van die

bittertongbende

wat andere in angs laat bewe

gestroop van klere

ontneem van waardigheid

sans self n effense

vae spoor van eiewaarde

sonder asyn en doringkroon

kruisig ons andere

met gesplete tonge

en fluisterstem ...

(EMH) ~ CR
2011
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:47 am