• Post new topic

futilliteit

Share

Ellen Margaret Hancke

Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2011-12-21
Age | Ouderdom: 58

futilliteit

Post by Ellen Margaret Hancke on Sat 28 Jan 2012, 6:59 pm

vadergod het
my, glo vir jou

met die hand selwers uitgekies

as agape-offerlam, verdwaald

afgespoor tussen naeltjie en lies

op die maat van verlokkende lier

en die klaag-roep van Dawidpsalm

het jy my rede met klank van

triomfantelike oorwinnaars-sjofar

tot in doofheid en stomte vergalm

soos n willose star-oog ooi

met jou toorstaf afgevorteks

in die laberint van brute verleiding

het ek soos Daniel na die leeu gekyk

met n God-sal-my-red verblyding
jou naakte onheilspellende

groeiende ontvanklikheid
gesien, toe met verbystering

hopend bly staar en staar

in afwagting op die gru-teistering


kopklemme oor die (on) moontlikheid

van bok wat met skaap gaan wil paar

nie eens die kilheid van die koue klip

van die voorbereide offer-altaar

kon die duiselingwekkende hoog

in my kop tot kalme denke laat bedaar


ek wil roep, gil, skree

"Noag stuur asseblief

n andersoortige witte duif
wat my opolyftak-vlerke na

veiliger terroir kon verskuif!"

nie eens gedagtes
aan elke vrome engel

dissipel, priester of profeet

wou my WIL laat werk
ek hoor ver weg die bengel
van klepels wat galm
"Vader Jakob"
vanuit die ruine van
die ineengestorte kerk

ek spartel futiel-angstig
en spoeg woordkartetse
toe ek die swoelheid merk
(my EK veg magteloos, kwaad)
oor my liggaam se glib-blinke
verdoemende slakspoor-verraad

en iewers daar doer ver
hoor ek Isak se instaanbok-bler
maar anders
as met hom....
het daar
vir mygeen
verlossingslam gekom....

(EMH)~2011

Kopiereg voorbehou

Torm

Location | Ligging: Donker Afrika
Posts | Bydraes: 249
Points | Punte: 440
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-16
Age | Ouderdom: 55

Re: futilliteit

Post by Torm on Sun 05 Feb 2012, 12:37 pm

Goeie werk, het gestem.

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Re: futilliteit

Post by Rudi Coetzer on Tue 07 Feb 2012, 11:15 am

hou van jou storie..en die uitbeelding daarvan..
jou struktuur pla egter..dink jy kan dit dalk fine tune.....
maar n grootstse werk in geheel....

henno

Posts | Bydraes: 1
Points | Punte: 1
Join date | Datum aangesluit: 2012-02-18
Age | Ouderdom: 18

Re: futilliteit

Post by henno on Thu 23 Feb 2012, 6:39 am

Hierdie roerende gedig is nou die voorloper in die kompetisie. This is the poem to watch! Meer as 40 aanhangers het Dinsdagnag die moeite gedoen om vir hom te kom stem. cheers

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Re: futilliteit

Post by Rudi Coetzer on Thu 23 Feb 2012, 7:09 am

wonder hoe jy dit weet?dat 40 mense in een nag gestem het?anyway....
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:47 am