• Post new topic

spritbraai: klein golgota

Share

Ellen Margaret Hancke

Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2011-12-21
Age | Ouderdom: 58

spritbraai: klein golgota

Post by Ellen Margaret Hancke on Sat 28 Jan 2012, 7:03 pm

“kom laat ons fees
haar kameelrug het
geknak
vanaand by die strandpaleis
skuins na
dagtekening se sak

bring net jouself
die vleis is
op die huis
vryheid gaan musieke
maak
daars karmenaadjies
vir elke ou se
smaak”

die brandstapel is gepak
wyl Bachus
oes vrylik vloei
die gemeste kalf is
lankal reeds
betyds
leeggebloei

oopgevlek
oor hete kool
wyl maaiers uit
hartkamers vlug
vreet vlesige vingers
hompe uit
gegeselde ooi se rug

“kyk so ‘n sappige
groen perel-oog
te veel gesien
alles dus verdien”
bulderlag bakker
wyl skinker in silwer
bokaal nog n
rondte bedien

goed gelardeer
met leuenmes oopgekerf
lank gemarineer
teen voortydige bederf

"nou wel nie
‘n tweetandskaap
of murgsawwe-lam
maar ‘n man moet mos eet
so dikwels as hy kan

dankie vir u seening
van spys en drank o Heer
en lank voorsiene vleis
eens deur myself so
brandend diep begeer”

en wyl brommers
en bottels
teen oggendgloor
grafsteen oor
feestelike spoor

kom sag uit die see
‘n meerminstem
uit witgeruiterde
branders
waar dolfyn
en haai
in siersirkels draai
lamentend oor gisternag
se laaste braai
‘n klaaggebed:

“vader vergewe hom ...
sy hoonbeloftes
verseël in judassoen
al het hy al die jare
presies geweet wat
hy aan elkeen
van ons doen”


(EMH 2011)
(CR)
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:49 am