• Post new topic

die bosse van Borneo

Share

Ellen Margaret Hancke

Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2011-12-21
Age | Ouderdom: 58

die bosse van Borneo

Post by Ellen Margaret Hancke on Sat 28 Jan 2012, 7:05 pm

ek het jou gaan soek
daar op vreemde terroir
nerens kon n telefoonboek
my die langgeloop spaar

ek het geglo ek sou jou vind
diep in die bosse van Borneo
vir jou, pa van my amper-kind
my minneman, my Romeo

jou spoor het iewers heen verdwyn
en my n wyle van koers gedwing
maar nerens wou hoop vlug voor pyn
en my hart het in ritme saamgesing

slingerplant het my enkels in boeie gebind
bloedsuiers het gulsig hul boepens gesuip
netels my sawwe vlees in purper getint
wyl adders spleettong oor my borste kruip

in die bosse van Borneo het hoop gesterf
die dag toe ons DNS met molm een moes raak
en my aarvog vaal varings karmosynrooi verf
wyl n dolheks honend doemwoorde braak

oor my siel en hoop se dood....
daardie swartnagdag
in die bosse van Borneo
se dorre barre skoot

EMH 2011 (CR)
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:50 am