• Post new topic

grafskrif

Share

Ellen Margaret Hancke

Posts | Bydraes: 5
Points | Punte: 15
Join date | Datum aangesluit: 2011-12-21
Age | Ouderdom: 58

grafskrif

Post by Ellen Margaret Hancke on Sat 28 Jan 2012, 7:14 pm

as ek vir jou n praalgraf kon bou
sou daar in koperflets n harem name
suilhoogte, hemelwaarts dwong
en die taalfallus skaam hierby afsteek
wyl beloftes baarloos oor die sarkofaag breek

as ek vir jou n praalgraf sou bou
sou vliesvlinders in bloedvlug-eskader
oor jou grafskrif in roukleed kom gader
sou elk steeds jou madame B wou wees
en fladdervlerk veg oor jou gestorwe gees

as ek vir jou n praalgraf mog bou
sou ek met tonne grougraniet jou wil bekis
uit vrees teen die wederkoms van jou Jesebel-lis
sou ek op die keisteen-Damaskus, telkemale verstyf
in angs dat jy weer met my sal wil kom lyf

as ek vir jou n praalgraf gaan bou
sou ek met Geen Toegang die dwaal-engele keer
wat hier om jou doodsbeendere wil kom skaar
en HereGod self laat sipier om hulle te bewaar
sal RIP nooit in ewigheidsdag
teen my kan staan as klag

(EMH)~ CR
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:50 am