• Post new topic

Sielsverf & Liefdesvlam

Share

S.J. du Plessis

Posts | Bydraes: 113
Points | Punte: 147
Join date | Datum aangesluit: 2011-10-07
Age | Ouderdom: 39

Sielsverf & Liefdesvlam

Post by S.J. du Plessis on Sun 29 Jan 2012, 1:15 am

Ek verf 'n lagie troosverf
om my brose siel
'n lagie lig beskerming
met elke seerkry slag
Kosyne van die lewe
met deure toegeslaan
Naïf het ek gestrewe
om rede te verstaan

Woorde wat so seermaak
spottend oë wat lag
nog 'n lagie troosverf
met elke seerkry slag
Soos gifdeurdrenkde pyle
spyker deur my hart
word ek vasgegrendel
teen die deur van smart

en verf nog 'n lagie
met elke skewe kyk
met elke harts-ontnugtering
en waarheid wat beswyk
tot my grein onsigbaar
versmoor deur die verf
verdwyn agter lae
van seerkry en nerf

Maar in my hartsverstrengeling
kom U liefdesvlam,
stroop verdiksels van my siel
tot ek nie meer kan
stry teen U genade
U liefdesvlam oor my
herwin al die greine
maak my siel weer vry

U verfyn die grofheid
satynverwerkte hart
U verglans die dofheid
verwyder die smart
tot my siel weer lewe
en na die mooie strewe
en my hart vernuwe
weer nuttig doel kan dien.

S.J. du Plessis © Augustus 2011 (Verwerk Febr. 2012)
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:51 am