• Post new topic

My Bloedspore

Share

SWERWER

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 148
Points | Punte: 163
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-05
Age | Ouderdom: 55

My Bloedspore

Post by SWERWER on Sun 29 Jan 2012, 5:05 pm

Meer as net vlees en bloed
bedekte seën wat vergoed
replika van my geen
gedagtes wat strelend reën

Meer as net groot oë vol verwagting
‘n brandmerk van verpligting
my dageraad versugting
die einddoel van bevrugting

Meer as net n knipoog babalyfie
ergerlike knies deur skamele kuifie
opgewonde en uitbundige hormone
worstelend met grootword se demone

Julle is my eie aan my toevertrou
my leë hande se berou
bekommernis en vreugde
knieë se smeekgebede

Julle het ek lief
stilstuipe hartseer die dief
van kleintyd se onskuld kaperjolle
grootgeword in volwasse rolle.

Verhewe bo telg se DNA
my ewige vreugde hierna.

© 2011 Johan Schoeman

Claira Summers

Location | Ligging: Naboomspruit
Posts | Bydraes: 330
Points | Punte: 454
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-25
Age | Ouderdom: 37

Re: My Bloedspore

Post by Claira Summers on Fri 03 Feb 2012, 3:50 pm

Jy het my vote Johan. Baie mooi werk van jou
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:51 am