• Post new topic

Nimuwe

Share

SWERWER

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 148
Points | Punte: 163
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-05
Age | Ouderdom: 55

Nimuwe

Post by SWERWER on Sun 29 Jan 2012, 5:06 pm

Jou soen as offerhande
drup nardus poele in die holtes van my gragte
brand verukking in my voorwoord biografie
wegraping tot blinde euforie

Speelse hofmaking en verleiding
jou vingerpunt ontwyking
dryfsand van jou veslawing
belofte van passie en bevryding

Begeerte karwats my lyf
onredelik en onnadenkend styf
my offer altaar loop oor
bestaan as brandoffer verloor

Weerlig slaan, my hart verlig
‘n koue oomblik van insig
‘n hartelose incubus is jy
wat inpalm en bederf laat gedy

hierdie keer sien ek jou strik
met my eie krag en wysheid bemag
oor eeue heen deur jou uit my siel gekalwe
vir eie gewin se onthawe

Nou sal jy die duisternis smaak
feesmaal deur jou vir my gemaak
jou koue hart en siel
vir ewig gefikseer in vergeet se wiel

Vêr weg van die voordurende mis
waar bose en berekende plan vergewis
waar jy so gerieflik altyd gaan skuil
die vrug van jou eie wip se lis

Blou lug en natuur
fluit en die lier
my geselskap nou
op soek na die waarheid en die graal.

© 2011 Johan Schoeman

Claira Summers

Location | Ligging: Naboomspruit
Posts | Bydraes: 330
Points | Punte: 454
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-25
Age | Ouderdom: 37

Re: Nimuwe

Post by Claira Summers on Fri 03 Feb 2012, 3:51 pm

Gehoop ek sien jou ook hier jong. Jy het my vote hier ook hoor.

Torm

Location | Ligging: Donker Afrika
Posts | Bydraes: 249
Points | Punte: 440
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-16
Age | Ouderdom: 55

Re: Nimuwe

Post by Torm on Sun 05 Feb 2012, 12:29 pm

Goeie werk, het gestem.
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:52 am