• Post new topic

'N BITTER BRIEF

Share

Lizelle "Zany Zella"

Location | Ligging: Scottburgh/ Umtentweni KZN
Posts | Bydraes: 11
Points | Punte: 29
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-14
Age | Ouderdom: 50

'N BITTER BRIEF

Post by Lizelle "Zany Zella" on Sun 29 Jan 2012, 9:55 pm

'N BITTER BRIEF

Môrestond vang my rondrol
in linne-kreukels vol onthou,
dwing my om te kyk na die nuwe uur-
maar ek deins weg tussen waarheid
en die helse pyn wat ek verduur,
sal rugdraai en 'n koue skouer
die klok laat stilstaan teen die muur?

Ek het my siel in ink gedoop,
'n lied vir jou gekomponeer;
my woorde was fyn en teer,
ek het jou alles van my hart geleer-
ek het op kruine van Hoop gestaan,
uit volle bors gesing oor hemel en hel,
'n duisend stories het ek jou vertel;
oor wanhoop en pyn wat vergewe is,
oor die gebrokenheid wat my lewe is.

Met vroeë môrestond soos nou
het ek jou brief aan my oopgevou
hier vloei heuning in ink, gemeng met gal,
jy sê my hart was jou winterwarm vlam;
jy skryf jou liefde was 'n rivier in vloed,
ek was jou keer-wal en jou dam,
nou sê jou woorde net jy moet groet.

Jou brief breek in skerwe, sny my hande fyn,
versplinter ons liefde soos 'n glas bal-
ek verkrummel tot as, in hel en pyn,
in die alfabet lê jou hoon besluit, dis al.

Torm

Location | Ligging: Donker Afrika
Posts | Bydraes: 249
Points | Punte: 440
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-16
Age | Ouderdom: 55

Re: 'N BITTER BRIEF

Post by Torm on Sun 05 Feb 2012, 12:32 pm

Goeie werk, het gestem.

Rudi Coetzer

Location | Ligging: Jakarandastad
Posts | Bydraes: 1037
Points | Punte: 2142
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-03
Age | Ouderdom: 45

Re: 'N BITTER BRIEF

Post by Rudi Coetzer on Tue 07 Feb 2012, 12:21 pm

dis regtig baie mooi..en mooi verwoord..
)maar dit voel of daar geen emosie in is nie....so byna matter of fact...so terloops...)
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:55 am