• Post new topic

KLIPHARD KLIPHART

Share

Lizelle "Zany Zella"

Location | Ligging: Scottburgh/ Umtentweni KZN
Posts | Bydraes: 11
Points | Punte: 29
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-14
Age | Ouderdom: 50

KLIPHARD KLIPHART

Post by Lizelle "Zany Zella" on Sun 29 Jan 2012, 10:00 pm

KLIPHARD KLIPHART

Van watter boeg
het jy losgebreek,
jou kettingskakels
om my kom slaan.

Verweerde rots
was my hart gewees,
nou bind jy alles saam-
moenie omdraai nie
bly tog net so lê,
jy nestel styf
teen my kliplyf aan.

Kom vul my holtes
met jou warm hart,
wieg ons twee saam
op maat van eeue eb,
tol saam hoog
in die arms van die wind.

Nou vind ek rus in die wieg
van jou vaste kettingkrag,
want my kliphart word
in jou hande sag...
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:56 am