• Post new topic

BLOU HUISIE

Share

Lizelle "Zany Zella"

Location | Ligging: Scottburgh/ Umtentweni KZN
Posts | Bydraes: 11
Points | Punte: 29
Join date | Datum aangesluit: 2011-09-14
Age | Ouderdom: 50

BLOU HUISIE

Post by Lizelle "Zany Zella" on Tue 31 Jan 2012, 11:41 pm

BLOU HUISIE
(gedig geskryf na aanleiding van MARINUS HERMENS
se foto van 'n blou huisie - sien Fotografie-afdeling)

Iewers langs die kronkel
van 'n stofpad en 'n boom
staan 'n kleine huisie
my klein bloue droom
'n hawe vir my honger
'n rusplek langs my pad
hier kan ek droom en dink
kom vat nou my hand...

Wanneer storms om ons woed
ja, die lewe snel verby
kom ek en jy hierheen
om saam ons blou droom te kry


op golwe van verrukking
in die arms van saam alleen
ontdek ons elke hoekie
van die blouwees om ons heen

Klein blou paradys
ons klein blou blou huis
elke nu en dan my Hart
kom ons hier en raak weer verlief
ons haal af al die stofdoeke
ons speel op elke vloer
ons hang aan mekaar se lippe
terwyl ons mekaar blou-liefde voer

Soggens lag ons op die kombuis se trap
smiddae werk ons in die kleine tuin
ons kook saam kos in die kombuis
saans maak ons kaggel-vuur
en drink 'n glasie wyn
ons maak liefde op die hemelbed
tot die son weer begin skyn
elke dag voel soos die hemel hier
in ons blou huisie met sy skilfer muur

  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:57 am