• Post new topic

Genade vir ons liefde

Share

Joan Lotz

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 69
Points | Punte: 170
Join date | Datum aangesluit: 2011-10-11
Age | Ouderdom: 75

Genade vir ons liefde

Post by Joan Lotz on Fri 03 Feb 2012, 4:18 pm

Jy sê altyd jy’s so lief vir my
tog... het jy nie meer ’n hart
wie of wat het jou só verlei
hoekom is my oë vol smart

in wit gewaad het ons beloof
mekaar plegtig trou gesweer
nou is ek van my siel beroof
jy het daardie belofte onteer

wat het skielik met ons gebeur
dat jy harteloos, kil na my staar
dit maak my so onrustig... seer
die kwaad wat ek in jou gewaar

met sagte hande my gestreel
vertroetel en liefde kon maak
harde lyf slae oor my uitgedeel
oor my liggaam lê hale van wraak

hoe het liefde, so pynlik ontaard
jou hart deur wreedheid geklem
jy was altyd kalm, rustig, bedaard
nou sny jou woorde soos ’n lem

O Vader, U die bron van lewe
U genade bepleit ek oor hom
U alleen kan herstel en vergewe
die duiwel uit sy wese laat kom

hierdie man het ek voor U geneem
dis nie hy met wie ek nou woon
ek ken hom nie, ons is vervreem
as dit U wil is, maak hom tog skoon

in liefde so mooi, voor U gestaan
ons U seën oor ons huwelik gehad
boosheid het sy hart binnegegaan
bring weer terug my lewensmaat

U ken hom, sy hart is so mooi
sy hande liefdevol en so teer
nou, besmet met my bloed, rooi
O Vader, kan U dié seer keer?

©19/11/2010 Joan Lotz
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:57 am