• Post new topic

Op 'n musikale ekskursie.

Share

Joan Lotz

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 69
Points | Punte: 170
Join date | Datum aangesluit: 2011-10-11
Age | Ouderdom: 75

Op 'n musikale ekskursie.

Post by Joan Lotz on Fri 03 Feb 2012, 4:20 pm

Gedagtes speel, warrel oral heen
waar ek huiwer in wind en reën
klanke kom saggies aangesweef
herinnering laat dit weer herleef
in lank gelede se uitvoering begeef

klassieke harmoniërende musiek
klavier solos, strykorkeste so uniek
styg sonories op eteriese klankspoor
val welluidend op verlange se oor
waar het ek dit voorheen gehoor

In die ruim ouditoriumsaal, volgepak
kristal kandelare, teaterlosies se gemak
wag ons, angstig, in ’n ruimte vir twee
op ’n welbekende simfoniese entree
musikale betowering uit vanmeleë

note word kunstig, lofbetuigend ingelei
musikale ekshibisie perfek toegewy
serenade van kunstenaars voorgedra
bekende stukke uit Verdi se La Traviata
verruklike Troumars en ander uit Aida

meegevoer in dié instrumentale swier
verwerkings van Prokofiev op klavier
Beethoven se simfonie nommer ses
klawerspel en uitvoerings allerbes
getrakteer op suiwerste musiek les

spel en klanke verdof, sterf stadig weg
terug na die hede, ruk ek my weer reg
trane verdof mooiste beelde voor my
probeer teen hartseer verlange stry
fenomenale ekskursie vir jou en my!

©08/11/2010 Joan Lotz
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 4:58 am