• Post new topic

Jy ken my nie...

Share

Joan Lotz

Location | Ligging: Pretoria
Posts | Bydraes: 69
Points | Punte: 170
Join date | Datum aangesluit: 2011-10-11
Age | Ouderdom: 75

Jy ken my nie...

Post by Joan Lotz on Fri 03 Feb 2012, 4:22 pm

om goedsmoeds op die baadjie te wil takseer
binneblaaie dra bekladde letsels van weleer
mure, drif verberg, lewensverlange verweer
sieleangs lewensweerbaarheid binnetoe gekeer
nie weet hoe diep gevangeniskap verrinneweer

jy het nie geweet daardie tyd was reeds verby
hoe verbete, ongenadiglik ek daarteen moes stry
handomkeer kopskuif moes maak, weer oor begin
om lewe opnuut in die oë te kyk, vryheid te besin
nie geweet hoe om ru diamante te slyp, te ontgin

van my eie sieleleed ‘n gevangene sou word
straf lewenslank, meer as leeftyd ingekort
totdat ek om bevryding en genade moes smeek
van alle vernielsugsbande losskeur, wegbreek
‘n gemoedstemming van vrede en liefde kweek

jy ken my nie, die hole waarin ek eens verdwaal
jy weet nie, hoeveel keer ek net die paal kon haal
hoe die lewe in wreedheid om my siel sou smaal
jy ken my nie, jy weet nie hoe diep het ek gedaal
ek lewe, seëvier want, Iemand het my skuld betaal

2011/12/24 Joan Lotz
  • Post new topic

Current date/time is Mon 21 May 2012, 5:00 am